SportSport

Potchefstromers presteer by Comrades

Talle Potchefstromers het die uitdagende 2018 Comrades Marathon vanaf Pietermaritzburg se stadsaal tot by die Moses Mabida-Stadion in Durban, gister (Sondag, 10 Junie) voltooi. Jaco Barnard (Berts Bricks Atletiekklub) was die eerste Potchefstromer oor die eindstreep in ‘n skaflike tyd van 6:58:13. Deanné Horn (Nedbank) was die eerste Potchefstroomse vrou oor die eindstreep in ‘n …

Talle Potchefstromers het die uitdagende 2018 Comrades Marathon vanaf Pietermaritzburg se stadsaal tot by die Moses Mabida-Stadion in Durban, gister (Sondag, 10 Junie) voltooi.

Jaco Barnard (Berts Bricks Atletiekklub) was die eerste Potchefstromer oor die eindstreep in ‘n skaflike tyd van 6:58:13. Deanné Horn (Nedbank) was die eerste Potchefstroomse vrou oor die eindstreep in ‘n tyd van 7:06:54.

Jikase Kolote van Berts Bricks Atletieklub het ook puik presteer en ‘n tyd van 8:16.54 aangeteken. Nico Deerling van Promosa Atletieklub is ook oor die lyn in ‘n tyd van 9:13:52.

Chantelle en Antonie Pat van Berts Bricks Atletiekklub het saam klaargemaak in ‘n tyd van 11:51:21.

Die 70-jarige Chris Hattingh (McArthur Marathonklub) het ook bews dat  ouderdom geen struikelblok is nie en in ‘n tyd van 10:52:22 klaargemaak.

Lees meer in komende Donderdag se Potchefstroom Herald.

https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button