Volkies kry woorde van wysheid by Wynie
Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste rugbyspan het verlede maand voor die Classic Clash wedstryd teen Potchefstroom Gimnasium hulle jaarlikse “capping” seremonie gehou, waartydens een van rugby se bekendste gesigte ‘n paar woorde van wysheid gedeel het. Hierdie bekende gesig was niemand anders as die voormalige Blou Bulle bestuurder, Wynie Strydom nie, wat vir ‘n slag …
Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste rugbyspan het verlede maand voor die Classic Clash wedstryd teen Potchefstroom Gimnasium hulle jaarlikse “capping” seremonie gehou, waartydens een van rugby se bekendste gesigte ‘n paar woorde van wysheid gedeel het.
Hierdie bekende gesig was niemand anders as die voormalige Blou Bulle bestuurder, Wynie Strydom nie, wat vir ‘n slag sy trotse affiliasie met blou vir rooi en swart geruil het.
Strydom was vir 17 jaar die bestuurder by die Blou Bulle en het vele hoogtepunte en laagtepunte beleef.
Strydom het as gasspreker die belangrikheid van die spelers se ouers as ook die belangrike rol wat onderwysers speel, beklemtoon.
Die eerstespan spelers se ouers is toe die geleentheid gegee om hulle kinders se pette uit te deel wat die spesiale aand op ‘n hoë noot afgesluit het.