Luiperds vanaand in stryd teen SWD Arende gewikkel
Die Luiperds se roete na Curriebeker Eerstedivisie glorie begin hierdie Vrydag, 24 Augustus, wanneer hulle teen die SWD Arende op Outeniqua Park in George te staan kom. Die Luiperds het vanjaar geen nuwe spelers vir die kompetisie bygekry nie, met ‘n paar bekende ervare spelers en ‘n paar jong manne wat die kruks van die …

Die Luiperds se roete na Curriebeker Eerstedivisie glorie begin hierdie Vrydag, 24 Augustus, wanneer hulle teen die SWD Arende op Outeniqua Park in George te staan kom.
Die Luiperds het vanjaar geen nuwe spelers vir die kompetisie bygekry nie, met ‘n paar bekende ervare spelers en ‘n paar jong manne wat die kruks van die span volmaak.
Die skrumskakel, Chriswill September, gaan die leisels as kaptein op die veld neem en sy verstandhouding met Schalk Hugo op losskakel sal deurslaggewend wees deur die loop van die seisoen.
Die beskikbaarheid van Gerhard Nortier op binnesenter is ook nog ‘n positiewe punt vir die Luiperds, aangesien hy nog ‘n skop opsie met sy kundige linkervoet bied.
Die vleuels, Dean Stokes en Jimmy Mpailane sowel as heelagter Tapiwa Mafura sal met spoed en vaart die gapings inslaan.
By die voorspelers is daar ‘n paar nuwer gesigte soos Edward Haas op agtsteman, Siya Mdaka op oopkantflank en Jaco Swanepoel op slot wat hulle staal sal wil wys. Luiperds afrigter, Jonathan Mokuena, glo dat sy span gereed is vir die stryd teen die Arende, maar dat alles sal ontvou hierdie Vrydag. “Ek dink ons is op ‘n goeie plek vir hierdie kompetisie, omdat ons meer voorbereiding ingekry het. Alles gaan afhang van hoe die ouens Vrydag in die 80 minute gaan opdaag,” het Mokuena genoem.
Luiperds teen SWD Arende:
1) Matimu Manganyi
2) Marius Stander
3) Robert Hunt
4) Johan Retief
5) Jaco Swanepoel
6) Siya Mdaka
7) Boela Venter
8) Edward Haas
9) Chriswill September
10) Schalk Hugo
11) Dean Stokes
12) Gerhard Nortier
13) Bradley Moolman
14) Jimmy Mpailane
15) Tapiwa Mafura
Plaasvervangers:
16) Chucky van der Westhuizen
17) Nelius Rademan
18) Danny du Plooy
19) Wandile Mazibuko
20) Eugene Hare
21) AK Nela
22) Evardi Boshoff




