SportSport

Mooirivier se Van Zyl presteer puik by ASNW Sub-Jeug Kampioenskappe

Die ASNW Sub-jeugkampioenskappe het op 10 November by die NWU McArthur Stadion plaasgevind en Laerskool Baillie Park, Laerskool Mooirivier en Laerskool ML Fick behoorlik hulle staal gewys het. In die meisies o.9/600 meter, het Laerskool Mooirivier se Simonè van der Linde in die finaal derde gekom. In die meisies o.11 gewigstoot, het laerskool Mooirivier se …

Die ASNW Sub-jeugkampioenskappe het op 10 November by die NWU McArthur Stadion plaasgevind en Laerskool Baillie Park, Laerskool Mooirivier en Laerskool ML Fick behoorlik hulle staal gewys het.
In die meisies o.9/600 meter, het Laerskool Mooirivier se Simonè van der Linde in die finaal derde gekom.
In die meisies o.11 gewigstoot, het laerskool Mooirivier se Jamoré Olivier ’n tweede en Stephané Hook ‘n derde plek behaal.
In die meisies o.13/1500 meter het Laerskool Mooirivier se Alri Verster ‘n tweede plek in die finaal behaal.
In die meisies o.13/1500 meter stap het Laerskool Mooirivier se Elrie Koornhof ‘n eerste plek behaal met ’n tyd van 8 minute en 16 sekondes. Sonika Brits het ‘n tweede plek behaal in die finaal.

Altus van Zyl
Altus van Zyl

In die meisies o.13 verspring het Laerskool ML Fick se Amé Keyser ‘n eerste plek behaal met ’n puik afstand van 4,78 meter. In die meisies o.13 spiesgooi het Keyser ook ‘n tweede plek behaal in die finaal.
In die seuns o.9/600 meter, het Laerskool Baillie Park se Divan Kruger ‘n derde plek behaal, terwyl Tihard Strydom ‘n eerste plek in die seuns o.11/1200 meter behaal het met ’n tyd van 3 minute en 57 sekondes.
In die seuns o.11 gewigstoot het Juandré Barends (Baillie Park) ‘n eerste plek behaal met ’n afstand van 11, 62 meter.
In die seuns o.13 hoogspring het Baillies se Tlotlo Phakedi goud behaal met ’n hoogte van 1,65 meter.
In die seuns o.13 gewigstoot het Laerskool Mooirivier se Altus van Zyl ‘n eerste plek behaal met ’n afstand van 11,85 meter. In die seuns o.13 diskusgooi, het Mooirivier se Richter van der Merwe ‘n eerste plek behaal met ’n afstand van 38,74 meter.
Van Zyl het hier ‘n tweede plek behaal.
In die seuns o.13 spiesgooi het Van Zyl ’n eerste plek behaal met ’n afstand van 38,77 meter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button