
Tydens die Noordheuwel Top 15-byeenkoms het Potchefstroom Gimnasium se atlete weer eens ware guts gewys en puik presteer. Die skool eindig eerste in die kleinskole-afdeling en algeheel agtste in die grootskole-afdeling. Skole waarteen Gimmies moes deelneem sluit in top skole soos Menlopark, Monument, Helpmekaar en Garsfontein in.
Die top Gimmies se uitslae is as volg:
o.14: Sandri van Rooyen, 2de in 100
o.14: Mariné Jacobs, 3de in diskus
o.14: Amé Keyser, 3de in spiesgooi
o.15: Tiaan van Zyl, 3de in hoogspring
o.16: Phemelo Molale, 3de in 100m en 2de in 200m
o.17: Danielle Verster, 1ste in 800m
o.17: Wihan van der Merwe, 1ste in spiesgooi
o.17: Wiané Joubert, 2de in spiesgooi
o.17: Jeané Visser, 2de in hoogspring



