SportSport

Ikeys klop NWU in winderige Kaap

Twee drieë van Ikeys, net voor en na halftyd het die momentum vir die Tiere gegee.

Die NWU se Varsitybekerspan het nou twee wedstryde in ‘n ry verloor nadat hulle in Kaapstad met 31-24 teen UCT-Ikeys gisteraand gestruikel het.

Die NWU was vasbeslote om hulle eerste wen agter die rug te kry, maar die Kapenaars het ander planne gehad. Twee drieë van Ikeys, net voor en na halftyd het die momentum vir die Tiere gegee. Rayno Mapoe, se drie vir die tuisspan was puik net voor die halftydfluitjie na goeie balbesit en vinnige ‘n aangee vir hom spasie geskep het.

Die NWU Arende het ‘n goeie eerste helfte gehad en drie keer gaan druk met Khulu Ncuma en Lincoln Daniels (2) wat oor is. In die winderige toestande kon Riaan Genis ook net een doelskop deur die pale sit.

UCT het weer die punte in die tweede helfte gedomineer met Liam Furniss en Gary Porter wat slegs twee minute uit mekaar oodruik om die telling na 31-17 te neem.

Na UCT se Byron Cranswick en Nama Xaba beide geelkaarte gekry het, het die NWU se Ruan “Sampie” Swiegers gaan druk. Dit was wel ‘n geval van net-net te laat, met Ikeys wat die wen inpalm.

Fotos: ASEM Engage/Varsity Cup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button