SportSport

Wie onthou die Mielieboere se grootste oorwinning ooit?

Die Mielieboere het in hierdie Curriebeker B-afdeling wedstryd ‘n ongelooflike 18 drieë gedruk.

Die jaar was 1988 – die telling 103-9.

Dit lyk dalk soos ‘n kriekettelkaart, maar nee dit was wat die telbord by Olënpark op 3 September 1988 toe Wes-Transvaal vir Oos-Vrystaat met 103-9 verwoes het. Die Mielieboere het in hierdie Curriebeker B-afdeling wedstryd ‘n ongelooflike 18 drieë gedruk.

Die Mielieboere het wel in daardie jaar tweede viool teen Noord-Vrystaat gespeel en tweede in die Curriebeker se B-afdeling geëindig.

‘n Klompie jare later in 2013, het die Luiperds dit reggekry om Limpopo Blou Bulle met 113-3 in ‘n Vodacombekerwedstryd te verslaan.

André Pretorius, huidige Luiperds hoofafrigter, het in hiedie wedstryd 33 punte vir die Luiperds aangeteken. Ian Heyns het ook 4 keer gaan druk en die Luiperds altesaam 17 keer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button