SportSport

Luiperds se eeufeestrui ‘n groot treffer

Dolf Jonker het die idee van die truie aan oud-spelers voorgestel en volgens die Luiperds se hoof uitvoerende beampte, Eugene Fourie, was die belangstelling oorweldigend.

Die Luiperds Rugbyunie behaal ‘n massiewe mylpaal met hulle eeufeesvieringe vanjaar. Die Covid-19 pandemie het wel veroorsaak dat oorspronlike planne nie vanjaar plaasgevind het nie.

Tog onder die inisiatief van die Luiperds bestuur sowel as oud-spelers is ‘n spesiale Luiperds/Mielieboere trui bekendgestel wat beide die ou Wes-Transvaal Mielieboer en Luiperds embleem bevat.

Dolf Jonker het die idee van die truie aan oud-spelers voorgestel en volgens die Luiperds se hoof uitvoerende beampte, Eugene Fourie, was die belangstelling oorweldigend.

“Ons eerste bestellings was ongeveer 80 truie en ons staan reeds op ongeveer 30 vir die tweede bestelling. Spelers en oud spelers kan truie met ‘n nommer op bestel en ondersteuners truie sonder ‘n nommer,” noem Fourie.

Kostes beloop R500 per trui.

“Ons sal later in die jaar weer ‘n geleentheid gee vir bestellings asook weer volgende jaar wanneer ons beplande eeufees vieringe sal plaasvind,” beaam Fourie.

Vir meer inligting kan Eugene Fourie op 082 823 2698 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button