SportSport

Voormalige Luiperds vind nuwe asem by Pumas

Twee van die Luiperds se voormalige staatmakers, die heelagter, Tapiwa Mafura en die skrumskakel, Chriswill September, sal in die opkomende Carling Curriebeker wat op 27 November afskop in die pienk en grys truie van die Pumas te sien wees. 

Mafura, wat vir die afgelope twee jaar by die Cheetahs diens gedoen het, sal nou weer ‘n punt wil maak dat hy een van die opwindendste agterlynspelers in SA is. September, wat die Griekwas verlaat, sal graag ook meer speeltyd wil kry as wat hy die afgelope jaar gekry het.

Die kans is goed dat hierdie twee manne wat ook ‘n aantal jare vir die NWU in die Varsitybeker uitgedraf het, onder die leiding van Jimmy Stonehouse by die Pumas top vorm sal bereik en die rugby sal speel wat die oog voorheen getrek het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button