SportSport

NWU oorkom agterstand om Shimlas te sink

In ‘n kort blitsige periode in die tweede helfte het die NWU ook twee keer na mekaar gaan druk om die voortou te neem en Shimlas se kanse te skroei.

Vier drieë op kritieke tye was genoeg vir die NWU om die Shimlas vanaand (Donderdag, 8 April) met 32-22 in die Varsitybeker kragmeting op Loftus Versveld te klop.

Weerlig het die wedstryd vir ‘n uur uitgestel weens veiligheidsredes, maar toe die wedstryd uiteindelik begin, was daar baie vonke op die veld.

Die NWU het net voor halftyd twee keer gaan druk nadat hulle met 16-0 op ‘n stadium agter was. In ‘n kort blitsige periode in die tweede helfte het die NWU ook twee keer na mekaar gaan druk om die voortou te neem en Shimlas se kanse te skroei.

Keano Windvogel, Riaan Genis, Gustav du Rand (2) het die drieë vir ‘n bonuspuntwen gedruk, terwyl Keagan Fortune se skopskoen twee strafskoppe en drie doelkoppe koel en kalm deur die pale gesit het.

Die NWU sal ‘n eerste 30 minute wil vergeet waar hulle geen punte aangeteken het nie en ook Malembe Mpofu met ‘n geelkaart moes afstaan. Daar was ook hopeloos te veel strafskoppe wat teen die NWU gegaan het. Krediet moet wel aan die NWU gegee word wat genoeg gees gewys het om terug te veg na Shimlas se goeie begin.

Dit was ‘n behoorlike wip-wa stryd met Shimlas wat die eerste drie dansky haker, William Moffat gaan druk het Drie strafskoppe van Shimlas se losskakel JP Duvenhage het die telling na 16-0 vergroot.

Riaan Genis, skrumskakel van die NWU, was een van die driedrukkers.
Foto: Christiaan Kotze/ Varsity/ Asem Engage

Met slegs twee minute voor halftyd het die regtervleuel, Keano Windvogel sy eerste Varsitybekerdrie gaan druk na ‘n teenaanval geloods is. Haker en speler van die wedstryd, Gustav du Rand, het hoop vir die Potchefstromers gegee toe hy met met die laaste beweging van die eerste helfte gaan druk het.

Duvenhage het in die tweede helfte sy vierde strafskop oorgesit om die gaping na 19-14 te vergroot. NWU skrumskakel, Riaan Genis het kort daarna sy span se derde drie gaan druk met NWU losskakel, Keagan Fortune wat verdoel om die NWU vir die eerste keer in die wedstryd met 21-19 voor te loop.

Foto: Catherine Kotze

Slegs drie minute daarna was haker, Gustav du Rand oor om ‘n 26-19 voorsprong te gee. Nog ‘n Shimlas strafskop het die telling na 26-22 geneem, voordat Fortune die wen vir die NWU met twee strafskoppe in die laaste 10 minute beklink het.

Punte: NWU: 32 (14) Driee: Keano Windvogel, Riaan Genis en Gustav du Rand (2)

Strafskoppe: Keagan Fortune (2)

Doelskoppe: Keagan Fortune (3)

Shimlas: 22 (16) Driee: William Moffat

Doelskoppe: JP Duvenhage

Strafskoppe: JP Duvenhage (5)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button