SportSport

Volkies woeker by Super Interhoër

Volkies se ster-atleet, Lea Verster, behaal goud in 90m hekkies, 300m hekkies, en verspring.

Potchefstroom Volkskool het aan die NWU Super Interhoër (Groep 3 en 4) by die NWU McArthur-stadion in groep 4 teen Oos-Moot, Jeugland, Hugenote, Driehoek, Ben Vorster en Linden op Dinsdag, 1 Maart deelgeneem en ‘n hele paar goeie individuele uitslae behaal.

In die seuns o.17 100 meter het Kutlowano Gorekwang ‘n silwermedalje behaal in ‘n tyd van 11.55 sekondes.

Foto’s: Wouter Pienaar

Nog ‘n Volkie-blits, Reagan April behaal brons in die seuns o.19 100m item in ‘n tyd van 11.16 sekondes. Hy behaal goud in 110m hekkies sowel as verspring.

Shiloh Vorster wys haar vaart in die dogters o.15 400 meter met ‘n eerste plek in ‘n tyd van 1:06:41.

Volkies se Francois Crafford maak ook naam in die seuns o.19 1500m item met ‘n eerste plek in sy groep in ‘n tyd van 4:37.67. JT Esterhuizen maak ook vir Volkies trots in die seuns o.19 3000m met ‘n eerste plek. Hy maak klaar in 10:17.81. Volkies se ster-atleet, Lea Verster, behaal goud in 90m hekkies, 300m hekkies, en verspring. Verster word as die beste baanatleet en junior victrix ludorum in groep 4 aangewys.

Volkies se Hendrik Scholz behaal ook twee goue medaljes in seuns o.19 hoogspring en driesprong-item. Scholtz spring 12.68 meter in driesprong en bereik ‘n wenhoogte van 1.85m in hoogspring-item. Henré Nel wys sy krag in die seuns o.15 diskus-item met ‘n gooi van 43.75 meter.

Hier is die finale punte totale van die deelnemende skole (Groep 4):

  1. Oos-Moot – 840
  2. Jeugland – 706
  3. Hugenote – 656
  4. Potchefstroom Volkskool – 645
  5. Driehoek – 632
  6. Ben Vorster – 607
  7. Linden – 585

(Groep 3):

  • Transvalia – 820
  • Marais Viljoen – 679
  • EG Jansen – 661
  • Wesvalia – 611
  • Vorentoe – 610
  • Pietersburg – 601
  • Lichtenburg – 563
  • Eldoraigne – 529

CSA Fire

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button