SportSport

Gimmies veg moedig maar buig knie teen Pretoria se krieketkrag

Wian Herbst se onoorwonne 72 (118) en Righardt Joubert se sprankelende 43 (24) is enkele hoogtepunte vir Gimmies se eerste span.

Beide Gimmies se o.15A en eerste spanne het aan die verloorkant hierdie afgelope Saterdag (5 November) geëindig teen Pretoriaanse skole. Gimmies se o.15A verloor met 99 lopies (Duckworth/Lewis) teen Hoërskool Garsfontein, terwyl die eerste span met 5 paaltjies teen ‘n puik Waterkloof span vasval.

Al het albei spanne hulle als gegee was dit nie genoeg om die eindstryd te haal nie.

Eerste span: Potchefstroom Gimnasium teen Hoërskool Waterkloof

Gimmies kolf eerste en teken 197/7 in 50 boulbeurte aan in ‘n kolbeurt waar hulle sukkel teen Waterkloof se gedissiplineerde boulwerk.

Gimmies sukkel tot 15/2 na 12 boulbeurte met Ruan Lotz en Tommie Botha wat nie veel bydra met die kolf nie. Wian Herbst se onoorwonne 72 (118) en Righardt Joubert se sprankelende 43 (24) is enkele hoogtepunte.

Waterkloof se eie Wian, Wian Ruthven moker 93 (56) om sy span na ‘n gemaklike oorwinning met meer as 25 boulbeurte oor te neem.

Marcus Bakker (55 van 64 balle) en Christian du Toit (39 van 34 balle) dra ook by tot Klofies se oorwinning. Johan Mahne (2/26) en Marnu Cronjé (2/24) is Gimmies se beste boulers op die dag.

Benjamin van Wyk reik uit na ‘n bal. Foto: Wouter Pienaar.

O.15A: Potchefstroom Gimnasium teen Hoërskool Garsfontein 

Van die staanspoor af is Gimmies op die agtervoet teen ‘n gedugte Garsfontein-span toe die besoekers 314/9 op die Gimmie-Oval in hierdie Noordvaal halfeindstryd aanteken.

Jared Carr se 62 van 67 balle, Heinrich Badenhost se 74 van 81 balle en ‘n energieke 62 lopies van 29 balle danksy Eckard Struwig, gee vir Garsfontein hulle goeie platform.

Jahndre Coetzee van Gimmies se o.15A-span hou sy oog op die bal in die Noordvaal half-eindstryd teen Garsfontein. Foto: Wouter Pienaar

Zandre da Silva (4/50) en Juandré Barends (3/57) lewer goeie vertoning te midde van lopies wat soos die Mooirivier vloei.

Divan van Eldik (33 van 56 balle) is Gimmies se hoogste lopiemaker in hulle telling van 130/6 in 36.2 boulbeurte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button