SportSport

Volkies val vas in halfeindstryd teen Garsies se ysbere

Garsfontein se ysbere was koud en klinies teen Volkies in hierdie half-eindstryd.

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan kon te midde van tuisveldvoordeel nie die knoop deurhak teen ‘n gedugte Hoërskool Garsfontein-span op Saterdag, 5 November in die Noordvaal halfeindstryd nie.

Garsfontein klop vir Volkies met 77 lopies om vir Hoërskool Waterkloof in die finaal te ontmoet. Dit nadat Gimmies met 5 paaltjies teen Klofies in die ander halfeindstryd in Pretoria die knie gebuig het.

Ludwich Schuld van Volkies het ‘n puik 72 geslaan teen Garsfontein. Foto: Francois Smit

Volkies se eerste span kan nie daarin slaag om Garsfontein se totaal van 279 te haal nie en word vir 202 uitgeboul. Dumisani Motshwene met 68 speel ‘n groot rol in sy span se stewige teiken. Corné Prinsloo (3/25) en Kobus Pienaar (3/42) skitter met die bal vir Volkies. Prinsloo speel ook ‘n kapteinsbeurt met ‘n goeie 53. Ludwich Schuld sit sy fantastiese vorm voort met goeie 71. Garsfontein se Bevan Coetzer (3/38) maak amok met sy draaiballe.

Volkies sal teleurgesteld wees na hulle anders kolwers nie die mas kon opkom na goeie beurte van Prinsloo en Schuld nie.

Steeds was dit ‘n puik seisoen vir Volkies wat as Noordwes-wenners gekroon is en ook tot die eindstryd van die Noord-Suid T20 toernooi deurgedring het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button