Die Luiperds het tydens hulle algemene jaarvergadering Donderdagaand, 24 November, die jaar se beste spelers vereer.
Die president, Mervyn Taylor het ook die stand van sake by die unie in sy verslag gegee.
Volgens Taylor het die seniorspan nie so goed presteer vanjaar soos gehoop is nie.
“Ons het veranderinge gemaak en sien uit na volgende seisoen,” het hy verduidelik.
Alhoewel die seniorspan gesukkel het, bly die juniorspanne elke jaar in die A-afdeling kompeterend.
“Die juniorspanne doen goed. Ons o/21 span het in die halfeindrondte van vanjaar se A-afdeling gespeel,” het hy gese
Volgens Taylor is dit goed om te sien dat die finansies by die unie stabiel is en dat vrouerugby ook uitbrei. Daar is ook van volgende jaar af, twee nuwe spanne van Welkom wat in ide Luiperds se klubrugby kompetisie gaan deelneem.
“Die Cravenweek het ook nie na wense presteer nie. Ons is besig met intervensies in die verband om dit te verbeter,” het Taylor verduidelik.
Oor die algemeen is die unie gesond en ondersteuners van die verskeie Luiperds spanne kan na ‘n goeie 2023 uitsien.



