SportSport

Video: Volkies se kaptein slaan blitsige vyftigtal in o.19 Khaya Majolaweek

Noordwes se o.19 span het 202/4 in 48.4 boulbeurte aangeteken met Corné Prinsloo (Volkies) wat 'n sprankelende beurt van 52 van slegs 29 balle gemoker het. 

Al het die weer die finale sê gehad in gister (Vrydag, 16 Desember) se Khaya Majola o.19 Krieketwedstryde in Stellenbosch, was daar steeds ‘n sprankelende vertonings van verskeie Noordwes spelers in hulle wedstryd teen Oostelikes.

Noordwes se o.19 span het 202/4 in 48.4 boulbeurte aangeteken met Corné Prinsloo (Volkies) wat ‘n sprankelende beurt van 52 van slegs 29 balle gemoker het.

Video: SA Cricket Talent/YouTube

Hy het 3 viere en vier sesse geslaan, terwyl baie ander kolwers teen ‘n stadigter tempo gekolf het. Dewald du Plessis slaan 54* (107) en Batahabile Masigo (Die Wilge) wys ook goeie vorm met 54 (85).

Noordwes speel vandag (Saterdag, 17 Desember) teen die Westelike Provinsie in hulle derde wedstryd van die week.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button