SportSport

Volkies se eerste krieketspan kry die oorhand teen Waterkloof

Volkies se boulers haal ‘n A-klas vertoning uit hulle sak en boul Waterkloof uit vir 171.

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan het hulle Finsbury-liga met ‘n fantastiese 51-lopie oorwinning teen Hoërskool Waterkloof op Saterdag, 21 Januarie begin.

Volkies het eerste gekolf en 222 almal uit aangeteken met Divan Coetzee wat 53 (47) maak. Coetzee slaan ook 7 viere en 1 ses in sy beurt. Ruan Smith se 40 (92) anker Volkies se beurt terwyl paaltjies om hom geval het.

Waterkloof se Franco Cronje (4/28) is die top bouler vir die besoekers in ‘n goeie boulvertoning.

Volkies vier hulle oorwinning teen Waterkloof.

Volkies se boulers haal ‘n A-klas vertoning uit hulle sak en boul Waterkloof uit vir 171. Waterkloof het 48 vir die eerste paaltjie aangeteken voordat Themba Sontjane die belangrike paaltjie van Wian Ruthven vir 32 (22) gekry het.

Marcus Bakker word ook vir 39 uitgehardloop deur Lunga May in die veld, wat die katalisator vir Waterkloof se kolfineenstorting is.

Die draaiers, Diaan van der Merwe (3/37) en Divan Coetzee (3/30) het die meeste skade aangerig en die middelorde uitmekaar geruk. Waterkloof se laaste vyf paaltjies val vir 16 lopies en in ‘n oogwink is Volkies met groot glimlagte van die veld af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button