SportSport

Lekker Rugby komende naweek

Daar is lekker baie plaaslike rugby wat dié naweek,4 Maart, gespeel gaan word. 

Daar is lekker baie plaaslike skolerugby wat dié naweek,4 Maart, gespeel gaan word.

Op Saterdag, 4 Maart gaan Gimmies hulle seisoen teen Trio Hoërskool van Kroonstad afskop. Dit gaan nie maklik wees nie, maar Gimmies behoort ‘n goeie 1ste span te hê. Hulle het ‘n sterk o/16 groep verlede jaar gehad wat die dinge kan maak gebeur.

Volgens John-Ross Jackson, hoofafrigter van Gimmiese se eerstespan, gaan die wedstryd teen Trio ‘n uitdaging wees.

“Trio gaan defnitief ‘n harde game wees. Dit is klomp boerseuns en hulle het darem nou al n wedstryd gespeel. So hulle gaan dalk bietjie beter voorbereid as ons wees.

Maar ons sien altyd uit na n uitdaging. En dit gaan vir ons lekker wees om ons self te toets,” het Jackson gesê.

Volkies speel ook Saterdag ‘n voorseisoen wedstryd teen Heidelberg Volkskool. Vanjaar moet Potch Volkies weg speel.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, behoort die wedstryd teen ‘n stadiger tempo gespeel word.

“Dit is nog vroeg in die seisoen so dit behoort stadig te wees. Hantering gaan ook nie wonderlik wees nie, maar ek weet die ouens gaan hard speel,” het de Beer gesê.

Laerskool Baillie Park gaan verlede jaar se finaliste, Saamtrek op Hoërskool Wesvalia se velde aanvat, tydens ‘n Rugbydag wat deur Laerksool Stilfontein aangebied word.

Dit gaan ‘n goeie wedstryd wees tussen twee spanne wat mekaar later in die jaar in die liga gaan aanvat.

Volgens Marc Campher, een van Saamtrek se eerstespan se afrigters, is hulle nie op die stadium van die geveg te veel gepla oor die resultate nie.

“Ons gaan fokus op die Super 12 en Ligawedstryde. Hierdie sal baie goeie voorbereiding wees,” het Campher gesê.

Dit is vir ons ook ‘n groot een. Daar is klomp atlete wat nie sal kan speel nie, maar ons gaan dit maak werk. Dit is ons eerste wedstryd, ek wil hê die ouens moet dit geniet, hard speel en die basiese goed reg doen,” het Baillies se hoofafrigter, Andrè Olivier gesê.

Vir meer oor al die plaaslike Rugby besoek:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button