Laerskool Baillie Park se fietsryers was weer op goeie dreef tydens verskeie bergfietswedrenne oor die afgelope twee weke.
By die Gauteng XCO by Asidlale Adventure Park Saterdag, 25 Februarie behaal Henrey Jacobs ‘n eerste plek in die Nipper seuns-afdeling. In die Nipper meisies kom Grizelda Janse van Rensburg tweede en haar tweelingsussie, Zandri, vyfde.
11 Maart is hierdie drie fietsryers weer in goeie vorm tydens die Vrystaat XCO in Kroonstad.
Henrey is weer eerste met Grizelda (tweede) en Zandri (derde) in hulle onderskeie afdelings.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






