Daar was gister (Saterdag, 18 Maart) kookwater aksie op Hoër Volkskool Potchefstroom se netbalbane toe Hoërskool Oos-Moot van Pretoria ‘n draai vir die NWU Prestigereeks wedstryde kom maak het.
Foto’s: Wouter Pienaar
Die aksie was kop-aan-kop vir meeste van die spanne met Volkies se o.15A en o.16A spanne wat oorwinnings behaal het. Die o.14A span het in ‘n taai wedstryd met net twee punte verloor, terwyl die o.17A spanne 20-20 gelykop gespeel het.
Die eerste span het wel effens gesukkel teen hulle eweknieë van Villeria. Oosies wen hierdie een met 26-11.
Die netbaluitslae is as volg:
o.14A: Oos-Moot wen 26-24
o.14B: Oos-Moot wen 16-14
o.15A: Volkies wen 19-18
o.15B: Oos-Moot wen 15-11
o.16A: Volkies wen 20-17
o.16B: Oos-Moot wen 11-8
o.17A: Gelykop 20-20
Derde span: Oos-Moot wen 23-10
Tweede span: Oos-Moot wen 48-2
Eerste span: Oos-Moot wen 26-11


























