NWU begin 2023 Varsity Netbaltoernooi met gemaklike oorwinning
Die NWU se Varsity Netbalspan het gisteraand (Sondag, 20 Augustus) hulle eerste wedstryd in die kompetsie vanjaar teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gemaklik met 51-36 gewen.
Caitlin du Plessis kry die beter van haar teenstander. Foto: Christiaan Kotze/C&C PHOTO AGENCY/Asem Engage
Die NWU se Varsity Netbalspan het gisteraand (Sondag, 20 Augustus) hulle eerste wedstryd in die kompetsie vanjaar teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gemaklik met 51-36 gewen.
Die NWU het soos ‘n stoomtrein begin met twee oud-Gimmies, Sunel Smit en Caitlin du Plessis, wat die doele inpalm. Teen die eerste kwart was die NWU alreeds met 23-5 in ‘n stewige wenposisie.
Foto’s: Christiaan Kotze
Caitlin du Plessis sink nog ‘n doel vir die NWU.
Caitlin du Plessis kry die beter van haar teenstander. Foto: Christiaan Kotze/C&C PHOTO AGENCY/Asem Engage
Sunel Smit was ook op haar stukke in die eerste wedstryd.
Sunel Smit en Caitlin du Plessis wys goeie samewerking.
Martiné Jordaan was weer op haar beste om enige opposisie aanval in die kiem te smoor.
Sanmarie Visser is as die speler van die wedstryd aangewys.
Sanmarie Visser is as die speler van die wedstryd aangewys.
UWK het geen antwoord vir die NWU gehad nie, met ‘n sterk verdedigingspoging van veral Sanmarie Visser wat uitgestaan het. Visser is ook as die speler van die wedstryd benoem.
Die NWU speel vanmiddag om 17:00 teen UJ in die tweede rondte van die toernooi. UJ het teen Tukkies met 58-53 vasgeval in een van die beste wedstryde van die die eerste rondte.
Die NWU sal beslis hulle beste spel moet lewer teen die dames in oranje.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.