Potch se landloopatlete kook in versengende hitte
Potch se landloopatlete het die afgelope Saterdag, 2 September stof opgeskop tydens die ACNW Noordwes Landloopkampioenskappe by die NWU Joolplaas.
Potch se landloopatlete het die afgelope Saterdag, 2 September stof opgeskop tydens die ACNW Noordwes Landloopkampioenskappe by die NWU Joolplaas.
Kry die volledige uitslae hier:
Alri Verster en Bertus van der Linde het Potchefstroom Gimnasium trots gemaak nadat beide atlete ver gewen het. Verster het in die o.17 kategorie, 4 km, bykans een minuut en 15 sekondes voor die tweede atleet klaargemaak. Van Der Linde het in die o.16 kategorie, 6 km, deelgeneem en net onder ‘n minuut voor die tweede atleet klaargemaak.
Gimmies se Abbigail Viljoen en Rico Leijenaar, Alri Verster en Ilané Herbst het ook hulle wedlope gewen.
Foto’s: Cornelia Hitge
Die senior mans het fantasties gevaar. Cor Leijenaar vir Potch Track Klub, in die 50-54 jaar kategorie, se wedloop-tyd is amper twee minute vinniger as sy opvolger. Leijenaar het ‘n 8 km gehardloop. Berts Bricks se Seuntjie Stamier, 60-64, het sy 6 km wedloop bykans ‘n minuut vinniger as die tweedeplek atleet voltooi. Louis Lategan, ook ‘n Berts Bricks atleet, in die 70-74 jaar kategorie, het sy 6 km wedloop sewe minute vinniger as die volgende atleet gehardloop.
Mathapelo Modise, ‘n JB Marks Klub-atleet en o.14 deelnemer, het haar 4 km wedloop ‘n minuut vinniger as die tweede atleet voltooi.
Lihann Kemp van Laerskool Baillie Park was ook skitterend en het sy wedloop in 7:04.5 voltooi. Dit was ook 13 sekondes vinniger as Reotshepile Shopo van President Pretorius in die tweede plek.














