Local newsSportSport

Wie gaan in koshuis rugby koning kraai?

Die wedstryd skop om 21:00 op die Fanie du Toit se A-veld af. 

Dit is vanaand weer tyd vir die eindstryd van die NWU se koshuisrugby liga.

Caput gaan teen Overs kragte meet. Caput het ‘n gereelde naam in die koshuisliga eindstryd geword. Dié koshuis het die beker in 2019 en 2022 gewen. In 2023 was Caput ook in die eindstryd maar het teen die buiteperde Excelsior verloor. Overs sal beslis vnaand as ‘n buiteperd beskou word. Die koshuis het in 2008 laas die liga gewen.

Volgens Lourens Janse van Rensburg, hoofafrigter van Overs, het sy troepe hard gewerk deur die seisoen juis vir dié oomblik.

“Speel vannaand vir jou spanmaats en vir Overs – Believe,” het hy gesê.

Niel ‘Puma’ Smit, hoofafrigter van Caput, is ook opgewonde oor die eindstryd.

“Dit was ons mikpunt gewees om weer in die eindstryd te kom en hopelik te seëvier. Hierdie is ‘n baie goeie groep seuns wat baie toegewyd is en is altyd lus om te speel. Ons sien baie uit,” het Smit gesê.

Die wedstryd skop om 21:00 op die Fanie du Toit se A-veld af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button