Potchefstroom Primary wys wat in hulle steek in Hokkie-liga
Die afrigters is baie trots op hulle spanne.
Potchefstroom Primary se vier o/13 hokkiespanne het uitstekend in die hokkie-liga gevaar. Twee van die vier spanne, die o/13A en o/13B seuns, is Potchefstroom liga wenners.
Celente Coetzee, afrigter vir die o/13A seuns, sê dit is die eerste keer in haar 12 jaar by Potchefstroom Primary wat drie van hulle vier spanne in die top 3 in Potchefstroom is.
Potchefstroom Primary moet nou uitspeel teen die wenners van Klerksdorp om te bepaal wie nommer 1-3 in Dr Kenneth Kaunda distrik is. Daarna sal die top 3 spanne van Dr Kenneth Kaunda, Bojanala en Platteland teen mekaar speel in die kwartfinale, semifinale en dan uiteindelik die finale om die Noordwes wenner te bepaal.
“Dit is vir my as O/13A afrigter ‘n ongelooflikke groot voorreg om met hierdie groep seuns te werk, ek dink soms ek leer meer lewenslesse by hulle as wat hulle enige iets oor hokkie by my leer. Hierdie span het gegroei en elkeen het hul deel gedoen om ons hier te kry. Ons is nou meer vasberade as ooit om in die uitspele te speel. Hierdie seisoen was niks minder as merkwaardig nie. Van die begin af het ons geweet dat die kompetisie sterk sou wees, maar die seuns het hulself elke keer oortref. Hulle het nie net gegroei as spelers nie, maar ook as individue. Ek is ongelooflik trots op elkeen van hulle. Die ondersteuning wat ons op en van die veld af kry van ons hoof, Mnr. De Villiers, en al die ander personeel is ongelooflik. Dit speel verseker ‘n groot rol in hoe ons kinders presteer,” het Celente gesê.
Die o/13B seuns is ook Potchefstroom Liga wenners en hulle afrigter, Roelene Prinsloo, sê daar was ‘n keurpunt in die seisoen vir die seuns.
“Die keerpunt in die seisoen was toe hulle ‘n uitdagende wedstryd teen ‘n sterk teenstander, Laerskool Baillie Park, gelykop gespeel het. Dit was die oomblik toe ek gesien het dat hulle bereid is om alles te gee. Beide ons seuns spanne oefen baie hard vir die opkomende uitspele teen die Klerksdorp skole.”
Hoewel die hokkie seisoen vir o/13 dogters met uitdagings en teleurstellings begin het, onderandere die doelwagter wat haar arm twee dae voor die eerste liga wedstryd gebreek het, het die o/13A dogters ongelooflike deursettingsvermoë, spanwerk en vasberadenheid getoon. Met die leiding van hul afrigter, Antonio Farmer, het hulle 3de in die Potchefstroom liga geëindig.
Vir die o/13B dogters was dit nie ‘n maklike seisoen nie maar hulle saam met hul afrigter, mej. Mokgalagadi, ongelooflik gegroei en ons sien uit om hulle weer op die veld te sien volgende jaar. Hierdie dogters het hulle seisoen op ‘n hoë noot geeindig deur gelykop te speel teen Laerskool Mooirivier wat hul vertroue ‘n hupstoot gegee het. Dié wedstryd het aan die dogters gewys dat hulle in staat is om teen die beste spanne mee te ding.
Die uitslae vir die spanne lyk as volg:
O/13 A seuns:
Wen 3-1 teen Mooirivier
Wen 5-2 teen ML Fick
Wen 2-0 teen Central
Wen 3-0 teen Baillie Park
0/13 B seuns:
Wen 2-0 teen Mooirivier
Gelyk 0-0 teen Central
Gelyk 0-0 teen Baillie Park
O/13A dogters:
Verloor 0-4 teen Mooirivier
Verloor 0-2 teen ML Fick
Wen 5-0 teen Central
Wen 2-1 teen Baillie Park
O/13B dogters:
Gelyk 0-0 teen Mooirivier
Gelyk 0-0 teen ML Fick
Gelyk 0-0 teen Central
Verloor 0-1 teen Baillie Park





