KidsPrimary SchoolSport
Tokkies stel nuwe rekords by Super 12 atletiek op
Die skool is baie trots op die atlete.
Atlete van Laerskool Mooirivier het die naweek by die Super 12 Laerskole Atletiekbyeenkoms by Hoërskool Menlopark uitgeblink en ook ‘n paar nuwe rekords opgestel.
Die volgende Tokkies het medaljes ontvang:
- Kari Botes o/10, 70mH – Goud
- Skye Taute o/11, Hoogspring – Goud met nuwe rekord en 70mH – Brons
- Alrike Hattingh o/13, 800m – Brons
- Jua Jonker o/12, 1200m – Brons
- Nina Burger o/12, Hoogspring – Silwer
- Fredrich Liebenberg o/10, 70mh – Goud en 80m – Goud met ‘n nuwe rekord
- Christiaan Liebenberg o/13, 800m – Silwer
- Heiko Coertzen o/11, Hoogspring – Brons
- Stephan Terblanche o/13, Hoogspring – Goud met ‘n nuwe rekord.
- Fredrich Liebenberg is ook aangewys as die beste senior seuns baanatleet.
“Mooirivier eindig algeheel 10de uit 22 skole. Baie geluk aan al ons atlete,” het die skool in ‘n verklaring gesê.











