Volkies se eerste rugbyspan het hul NWU Prestigereeks op ’n goeie noot afgesluit toe hulle Bergsig Akademie gemaklik met 38–10 geklop het.
Sodoende het Volkies in die negende plek geëindig. Dit was ’n puik vertoning op Olënpark die afgelope Vrydag op ’n natterige veld.





Lethabo Riet en Lourenzo Louw het die Bergsig-verdedigers op hul tone gehou, terwyl River Samuel en Wian Victor ook goeie wedstryde gehad het.
Volkies se fokus sal nou skuif na die Virseker Noordvaalbeker teen Midstream College in ’n wegwedstryd op Saterdag, 9 Mei. Dit sal Volkies se eerste wedstryd in hierdie beker vanjaar wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



