SportSport

Luiperds verloor teen Valke in die doodsnikke

Die Luiperds het amper die Valke se vlerke in Kempton Park geknip.

Dit was so naby, maar tog so ver vir die Luiperds wat net vir paar minute moes vasstaan om hul eerste wegsege in vanjaar se SA Beker te kon behaal.

Ongelukkig vir die Potchefstromers moes hul toekyk hoe die Valke hul naelskraap met 31-27 in Kempton Park die afgelope Saterdag, 2 Mei, klop. Dit nadat die Valke in verstreke tyd met ‘n rolmaalbeweging die wendrie druk met Pierre Rabie wat met sy rooi skrumpet oorduik.

Met net 10 minute oor het Jandré Burger met ‘n strafskop die Luiperds met 27-26 laat voorloop, maar die Luiperds kon net nie vashou nie.

Mbembe Payi met twee drieë sowel as Tiaan Jonker en Zeilinga Strydom het vir die Valke gaan druk.

Die Luiperds het die eerste drie van die wedstryd gedruk toe die linkervleuel, Naiden Jaarts oorduik. Brandon Keevy het ook ‘n opportunistiese drie gedruk van die afskop af om die Luiperds met 14-7 te laat voorloop.

Die Valke het teruggeveg met Strydom en Payi wat voor rustyd druk om die tuisspan met 19-14 in die kleedkamer te laat gaan.

Die Luiperds het nie teruggestaan nie met Sino Tshontyi se drie in die hoekie wat die Luiperds met 24-19 die voortou gegee het.

Die Luiperds kon wel nie die wedstryd in die laaste 10 minute beheer nie en moes toekyk hoe ‘n wen uit hul vingers glip.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button