Volkies se eerste rugbyspan het gewys wat in hulle steek toe hulle ‘n belangrike Noordvaal Virsekerbeker kwart-eindstryd gistermiddag (Saterdag, 1 Augustus) teen HoĆ«rskool Brandwag met 45-24 gewen het.
Volkies se eerste rugbyspan is die enigste ouderdomsgroep wat na die kwart-eindstryde van hierdie kompetisie gevorder het en ‘n nederlaag sou sake moeilik gemaak het in die relegasiestryd.
Die motivering was sodoende hoog vir Volkies om alles uit te haal en met durf en daad te speel. Dit is presies wat hul gedoen het met ‘n voortreflike en aanvallende vertoning om na die half-eindstrydfase te beweeg.
Michael Rochat (2), Raynard de Klerk, Johannes Lombaard, River Samuels, Christiaan Gouws en Wian Victor het vir Volkies drieƫ gedruk.
Lombaard was uitstekend op agtsteman en het ‘n ware kapteinswedstryd gehad.
Volkies se eerste rugbyspan het verlede jaar die Bowl-afdeling gewen en staan nou steeds die kans om hul titel te verdedig.



