SportSport

Skolekrieketliga se eerste balle word Saterdag in Noordwes afgevuur

Gimmies se eerste krieketspan speel hierdie Saterdag tuis teen KHS op die Gimmie-Oval. Volkies se eerstes reis na Lichtenburg vir hul eerste wedstryd van die liga.

Hierdie Saterdag (22 Augustus) is die begin van ‘n splinternuwe Noordwes krieketseisoen waar Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool se krieketspanne weer kyk of hul klomp trofeë kan insamel.

Gimmies en Volkies sal die twee gunstelinge wees om die eerstespan en o15A-titels te verower met goeie teenstand wat van ‘n sterk Rustenburg-span verwag kan word.

Gimmies se eerste krieketspan speel hierdie Saterdag tuis teen KHS op die Gimmie-Oval. Volkies se eerstes reis na Lichtenburg vir hul eerste wedstryd van die liga. Volkies se o15A’s speel tuis teen dieselfde opposisie.

‘n Groot krieketnaweek in Potch sal op 12 September verwag word wanneer Volkies en Gimmies se eerste spanne sake by Volkies in ‘n derby sal uitspook. Gimmies se o15A’s sal tuis speel teen Volkies.

Hier is die volledige NW-liga en Noordvaal bepalings vir die o19A en o15A-spane:

Volkies:

1ste span – NW-liga

  • 22 Augustus: teen Lichtenburg (weg)
  • 29 Augustus: teen KHS (tuis)
  • 5 September: teen Wesvalia (weg)
  • 12 September: teen Gimmies (tuis)
  • 19 September: teen RHS (tuis)
  • 10 Oktober: teen Matlosana Hub (tuis) – wedstryd word geskuif weens die Wildeklawer-toernooi wat met die datum bots.
  • 17 Oktober: teen Ikageng Hub (weg)
  • 24 Oktober: Noordvaal-kwartinaal
  • 31 Oktober: Noordvaal-semifinaal
  • 7 November: Noordvaal-finaal
Volkies se o15A manne is ook gereed om skade te maak in hul eerste wedstryd tuis teen Lichtenburg

O.15 A-span (NW-Liga)

  • 22 Augustus: teen Lichtenburg (tuis)
  • 29 Augustus: teen KHS (weg)
  • 5 September: teen Wesvalia (tuis)
  • 12 September: teen Gimmies (weg)
  • 19 September: teen RHS (weg)
  • 10 Oktober: teen Matlosana Hub (weg)
  • 17 Oktober: teen Ikageng Hub (tuis)
  • 24 Oktober: Noordvaal-kwartinaal
  • 31 Oktober: Noordvaal-semifinaal
  • 7 November: Noordvaal-finaal

Gimmies:

1ste span-bepalings

  • 22 Augustus – KHS (tuis, Gimmie-Oval)
  • 29 Augustus – Matlosana (tuis, Gimmie-Oval)
  • 5 September – Ikageng (weg)
  • 12 September – Volkies (weg)
  • 19 September – Grey (naweek)
  • 10 Oktober – Wesvalia (weg)
  • 16 Oktober – Lichtenburg (tuis, Gimmie-Oval)
  • 17 Oktober – Rustenburg (weg)

o15A-bepalings

  • 22 Augustus – KHS (weg)
  • 29 Augustus – Matlosana (weg)
  • 5 September – Ikageng (tuis, Gimmie-Oval)
  • 12 September – Volkies (tuis, Gimmie-Oval)
  • 19 September – Grey (naweek)
  • 10 Oktober – Wesvalia (weg)
  • 16 Oktober – Lichtenburg (tuis, Gimmie-Oval)
  • 17 Oktober – Rustenburg (weg)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button