Laerskool Mooirivier se eerste seunstennisspan het ‘n uitstekende vertoning gelewer tydens die TSA Rising Stars Nasionale Tenniskampioenskappe in Benoni op Sondag 1 November,
Hul is as naawenners gekroon nadat hul in taai wedstryde met 1–2 teen Courtrai Primary van Paarl moes vasval.
Die seuns het tot die einde toe hard geveg en gewys dat hulle op nasionale vlak met die land se bestes kan meeding.
Algeheel het daar 781 skole altesaam in die seuns en dogters-afdelings landwyd deelgeneem.
Hoewel die uitslag nie in Mooirivier se guns was nie en hul nie goud kon behaal nie, kan die span trots wees op hul prestasie as een van die land se beste tennisskole.



