SportSport

Drie Volkies slaan meer as 1000 lopies vanjaar

Daniel Jacobs het 'n verstommende 1 928 lopies gemoker vanjaar.

Hoër Volkskool Potchefstroom se krieketspanne het hierdie seisoen drie spelers gehad wat meer as ‘n duisend lopies geslaan het.

Die 14-jarige Daniel Jacobs (14) het ‘n verstommende met 1928 lopies geslaan. Die betroubare, eerstespan hotkou, AW van der Merwe (17) met 1191 lopies en Jean Liebenberg (14) met 1094 lopies was die twee ander spelers wie se kolfwerk aan die brand was.

Daar was ook 4 spelers wat meer as 50 paaltjies gekry het naamlik, Mofenyi Olaniran (14) met 65 paaltjies, Pierre Joubert (16) met 55 paaltjies, sowel as Johandré Jacobs (18) met 51 paaltjies en Corné Bergh (14) met 50 paaltjies agter sy naam.

Cobus Crowther, die o15A-afrigter by Volkies sê dat hierdie uitmuntende prestasie ‘n  resultaat is van die span se werk na ‘n kollektiewe doelwit. So kon hul op individuele vlak die vrugte pluk.

“Hulle het hul persoonlike doelwitte eenkant gesit en na dieselfde doel gewerk.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button