Local newsSport

Intervarsity kragmeting vanaand op Fanie

Die wedstryd skop om 19:00 af, en kan ook regstreeks op Supersport gekyk word. 

Die NWU pak vanaand, 10 Maart, om 19:00 die verdedigende Varsitybeker kampioene, Shimlas op tuisbodem.

Die Fanie du Toit sportgronde gaan brul, wanneer die tradisionele Intervarsity vyande mekaar aanvat. Die Arende is tans 5de op die punteleer en ‘n wen teen Shimlas is van kardinale belang om die NWU se uitspeel hoop aan die lewe te hou.

Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU,  het ‘n paar veranderinge in sy span gemaak vir vanaand se wedstryd.

“Dit is ‘n Varsitybeker wedstryd, elke wedstryd is belangrik. Almal is sterk en elke wedstryd is moeilik,” het hy gesê.

As die Arende hulle foute kan beperk staan hulle ‘n baie goeie kans om die Shimlas te klop. Die NWU se eerste paar wedstryde het hulle te veel ongedwonge foute in kritieke areas van die veld begaan.

Die wedstryd skop om 19:00 af, en kan ook regstreeks op Supersport gekyk word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button