Volkies verdediging deurslaggewend in oorwinning
Volkies het die 'derby' wedstryd 31-24 gewen.
Volkies het die naweek, hulle tradisionele Volkie ‘derby‘ gehad.
In die kragmeting, speel hulle teen Heidelberg Volkskool, vanjaar was daar ekstra byt in die kragmeting aangesien dit ‘n NWU reeks bepaling was.
Die Potchefstromers het van die begin af geweet dit gaan ‘n taai stryd wees, maar die manne van Volkies het hulle deel veral op die verdediging gedoen.
Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, het die Heidelberg span met baie hoë intensiteit en tempo gespeel.
“Hulle tempo was hoog, maar ons het goed aangepas. Ons verdediging was baie goed,” het de Beer gesê.
Volkies het die ‘derby‘ wedstryd 31-24 gewen. Die oorwinning sal vir hulle baie momentum vir hulle laaste poel wedstryd gee. Volkies pak vir Bergsig komende naweek in Rustenburg aan. Bergsig het die naweek Pietersburg toe gereis, en het hulle wedstryd naelskraap teen Pietersburg met 15 -14 verloor.



