Groot katgeveg in Bloem vanaand
Die wedstryd tussen dié twee groot katte skop om 18:00 vanaand, 14 Maart op die Toyota Stadium in Bloemfontein af.
Die Luiperds sit hulle SA Beker veldtog vanaand teen die Cheetahs in Bloemfontein voort.
Die Noordwesters het verlede week met die Griekwas in die Hoenderhok kragte gemeet, alhoewel die Luipies 66 – 7 les opgesê het. Kan die manne voel dat hulle besig is om te verbeter as daar na verlede jaar se telling teen die Griekwas gekyk word.
Die Cheetahs is self ‘n gewonde kat, nadat hulle verlede week teen die Boland 45 – 29 gesneuwel het. Matt Proudfoot het ‘n paar veranderinge aan sy span gemaak, vir dié kragmeting. Tatenda Chayayi, voorheen van die Bulle se juniors, begin op loskopstut, in die plek van Jason Jansen.
Proudfoot het aan die begin van sy aanstelling gesê, hy wil net konstante verbetering sien. Dit bly ‘n moeilike taak om die Cheetahs in Bloemfontein te klop, Proudfoot sal ten minste wil sien dat sy troepe aanhou veg en kompeterend bly.
Die wedstryd tussen dié twee groot katte skop om 18:00 vanaand, 14 Maart op die Toyota Stadium in Bloemfontein af.



