ʼn Gesonde brein help jou hart/bloeddruk

Hoë bloeddruk, hartsiektes, die stille moordenaars. Gehoor van ʼn gesonde liggaam huisves ʼn gesonde brein? Die omgekeerde is ook waar. Daarom is die versteuring van die brein-hart-simfonie op 23 Mei deur die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) van die Noordwes Universiteit (NWU) aangespreek. HART het kundiges genader het om die nuutste navorsingsresultate te bespreek. Die …

Hoë bloeddruk, hartsiektes, die stille moordenaars. Gehoor van ʼn gesonde liggaam huisves ʼn gesonde brein? Die omgekeerde is ook waar.

Daarom is die versteuring van die brein-hart-simfonie op 23 Mei deur die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) van die Noordwes Universiteit (NWU) aangespreek. HART het kundiges genader het om die nuutste navorsingsresultate te bespreek.

Die NWU en Potchefstroom Mediclinic het hande gevat om hierdie simposium aan te bied vir lede van die Professionele Gesondheidsraad van Suid Afrika, asook vir NWU akademici en nagraadse studente. Die tema was: “Brain-Heart cross talk and Cardiometabolic health”.en die aand was moontlik gemaak deur borge soos Bluetek, Roche Diagnostics en Angels (Boehringer-Ingelheim).

“Die uitdaging wêreldwyd is om hartsiektes en hoë bloeddruk te beveg. Ten spyte van baie navorsing is die rol van emosionele stres as oorsaak vir hoë bloeddruk, diabetes en hartaanvalle in sub-Sahara Afrika nog nie deeglik ondersoek nie. Hoe meer emosionele stres ervaar word, hoe groter is die uitdaging vir die brein om balans te handhaaf. Daarom is keuses vir ’n gebalanseerde lewensstyl belangrik. Dieet, fisieke aktiwiteit, alkohol- en rookgewoontes word inderdaad gebruik as hanteringsmeganismes om stres te in toom te hou of te verlig,” verduidelik Prof Leoné Malan van HART.

Proff. Martin Magnusson, Roland von Kanel, Leoné Malan, Susan Visser (viserektor: navorsing en beplanning) Olle Melander en dr. Johan Smuts.

Sy voeg by dat: “As hierdie hanteringsmeganismes onsuksesvol is, kan brein-hart gesondheid afneem en kan poligenetiese risiko’s toeneem. ’n Poligenetiese-faktor, soos byvoorbeeld lengte, kan in kombinasie met lewensstyl- of omgewingsfaktore ’n groter risiko tot hartaanvalle en beroerte inhou omdat dit belangrike neurochemiese stowwe in die brein en hart versteur. Die gevolge kan onder andere meer emosionele stres, groter middelomtrek of sentrale obesiteit, verhoogde bloeddruk, stollingsversteurings en migraine aanvalle wees.”

Die simposium was hoogs suksesvol en was deur nagenoeg 120 gaste bygewoon wat na vier sprekers geluister het wat ook medewerkers is van die Sympathetic activity and Ambulatory Blood Pressure in Africans (SABPA) prospektiewe studie, in HART. Dié sprekers is befaamde medici en navorsers met spesialisering in interne geneeskunde (Prof Olle Melander, Swede), kardiologie (Prof Martin Magnusson, Swede), psigiatrie (Prof Roland von Känel, Switserland) en neurologie (Dr Johan Smuts, Suid Afrika).

Die aanbevelings wat gevolg het uit die praatjies, was:

  • Verminder poligenetiese risiko deur meer water te drink om volume beheer (bloeddruk) en neurochemiese hormoonbalans te handhaaf;
  • Wees ten minste eenmaal per week fisiek aktief en eet ’n gebalanseerde dieet;
  • Verlig emosionele ontsteltenis/stres om stollingsversteurings, migraine en beroerte risiko te verminder;
  • Verbeter lewensstylkeuses wat hoë digtheid lipoproteïen (HdL) cholesterol sal verhoog vir gesonde bloedvate;
  • Verminder stres wat migraine, ‘n vaskulêre siekte, tot gevolg kan hê. Migraine, in kombinasie met ‘n “aura” (oormatige visuele simptome soos flitsende ligte, sigsag-lyne of sterretjes), kan groter risiko vir isgemiese hartsiekte, veral in vrouens, inhou. Om migraines te vermy moet die korrekte medikasie gebruik word, daar moet genoeg geslaap en ontspan word, ʼn goeie dieet moet gevolg word en sterk lig moet vermy word.

“Balans is dus die goue wagwoord en dit word grootliks deur persoonlike keuses beheer wat brein-heart gesondheid kan beïnvloed,” sê Malan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button