Hoe gemaak met ‘n onbillike “standaardkontrak”?

Vanaf die regstafel Die reg wil hê dat ooreenkomste nagekom moet word aangesien die gemeenregtelike uitgangspunt is: Mense kon voor die aangaan van die ooreenkoms vrylik onderhandel, daarom moet dít waarop uiteindelik ooreengekom is, afdwingbaar wees – Pacta sunt servanda.  Maar deesdae kontrakteer Jan Alleman al hoe meer met ‘n magtige teenparty waarmee hy nie …

Vanaf die regstafel

Die reg wil hê dat ooreenkomste nagekom moet word aangesien die gemeenregtelike uitgangspunt is: Mense kon voor die aangaan van die ooreenkoms vrylik onderhandel, daarom moet dít waarop uiteindelik ooreengekom is, afdwingbaar wees – Pacta sunt servanda.  Maar deesdae kontrakteer Jan Alleman al hoe meer met ‘n magtige teenparty waarmee hy nie op gelyke voet is nie.  Dink maar aan ‘n hospitaalopname, die uitneem van lewensversekering, daardie lastige gymkontrak ens waaruit mens nie kan kom nie.

 

Die oorkoepelende beginsel is nog altyd: Billikheid! Net soos wetgewing, is kontrakte ook aan die Grondwet onderworpe wat die beginsels van billikheid, gelykheid en menswaardigheid verskans.

 

Ondernemings sal, veral in die lig van die Wet op Verbruikersbeskerming, moet sorg dat hul “Standaardkontrakte” aan die die wet moet voldoen.

 

Howe kan byvoorbeeld ook sekere termyne in ooreenkomste inkort of verleng – die howe het inderdaad ‘n wye diskresie ter wille van billikheid. Die Wet op Verbruikersbeskerming streef na die ideaal dat mense nie uitgebuit word nie, maar soveel ondernemings pas dié wet heeltemal verkeerd toe. (Om die reg te lees is nie die moeilike deel nie – die toepassing daarvan verg egter ervaring!)

Dit is essensieël dat ooreenkomste tussen besighede en kliënte ooreenkomstig elke unieke besigheid se prosesse en werkswyses, met in agneming van die Wet op Verbruikersbeskerming, opgestel moet word om lang trane te voorkom.

 

Enige ooreenkoms wat nie aan bovermelde waardes voldoen nie, is teen die gemeenskaplike belang en kan deur ‘n hof ongeldig verklaar word, of die effek van ‘n benadeling kan ingeperk word.

 

André de Villiers is ‘n Praktiserende Prokureur by die Firma André de Villiers Prokureurs en praktiseer in Familie-, Kommersiële- en Boedelreg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button