REGSTELLING oor bakleiery video op Bult
REGSTELLING: Dit het onder die Herald se aandag gekom dat die video wat die Herald ontvang het van 'n bakleiery wat op die Bult uitgebreek het, reeds in Julie verlede jaar plaasgevind het.

REGSTELLING: Dit het onder die Herald se aandag gekom dat die video wat die Herald ontvang het van ‘n bakleiery wat op die Bult uitgebreek het, reeds in Julie verlede jaar plaasgevind het.
Dié video was deur verskeie mense op sosiale media platforms gedeel asof dit Woensdagaand, soos berig, gebeur het. Die Herald stel graag enige foute dadelik reg. Die video is intussen van die Facebookblad sowel as die webtuiste verwyder.