VIDEO: Betaalde parkering maak Bult veiliger
Mooirivier Beskerming, wat onlangs die tender vir die sekuriteitsdienste in die afgebakende gebied van die groter Bult-area gekry het, het wagte by Cachet Park geplaas.

Mooirivier Beskerming, wat onlangs die tender vir die sekuriteitsdienste in die afgebakende gebied van die groter Bult-area gekry het, het wagte by Cachet Park geplaas. Die wagte is vir eers net van Woensdagaand tot Sondagoggend by die park werksaam.
In die tydgleuwe kan mense op die gras-gedeelte van die park parkeer, maar dit word nou as betaalde parkering aangewend.
Die koste van die parkering is R20.