VIDEO: Nuwe brandweerwa aan munisipaliteit oorhandig
'n Nuwe brandweerwa, wat broodnodig in Potchefstroom is, is vandag (25 Januarie) aan die nuwe munisipale bestuurder, Lebo Ralekgetho en waarnemende burgemeester, Kelvin Johnson oorhandig.

‘n Nuwe brandweerwa, wat broodnodig in Potchefstroom is, is vandag (25 Januarie) aan die nuwe munisipale bestuurder, Lebo Ralekgetho en waarnemende burgemeester, Kelvin Johnson oorhandig.
Dié spesifieke brandweerwa is al sedert 2007 kort in Potchefstroom. Die Herald het verlede jaar berig dat volgens die munisipaliteit se finansiële verslae het die brandweerwa R4.5 miljoen gekos. Die taak in die verslag is as afgehandel aangedui alhoewel die brandweerwa nêrens te sien was nie.
Lebo Ralekgetho, munisipale bestuurder, het tydens die oorhandiging gesê dat daar nog sulke brandweerwaens aangekoop sal word om die stad te beveilig.
Lees meer oor die oorhandiging in volgende week se Herald.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/47185/geld-mors-pad-nie-herstel-en-geen-teken-van-brandweerwa/
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/49436/geen-brandweerwa-groot-risiko-vir-potchefstroom/