VIDEO: Plaaslike tiener spin in top 6 in

’n Leerder van Promosa Sekondêr het vanjaar besluit om aan die kompetisie, So You Think You Can Spin, deel te neem. Dié kompetisie bied jong spinners die geleentheid om ’n  goeie naam vir hulself in die publiek op te bou.  Die kompetisie is nie net vir jongelinge nie, maar vir almal wat hierdie unieke sport …

’n Leerder van Promosa Sekondêr het vanjaar besluit om aan die kompetisie, So You Think You Can Spin, deel te neem.

Dié kompetisie bied jong spinners die geleentheid om ’n  goeie naam vir hulself in die publiek op te bou.  Die kompetisie is nie net vir jongelinge nie, maar vir almal wat hierdie unieke sport kan bemeester.

Delano Petersen (18), beter bekend as “Team Oor” het aan die oudisies vir die kompetisie in Johannesburg deelgeneem en van die 150 deelnemers wat daar was, het hy die top agt gehaal. Die afgelope naweek het Delano in Nelspruit Numbi Gate deelgeneem en het deurgedring na die top ses. ’n Stemlyn is geopen en die aantal stemme sal bepaal of Delano met die wenprys gaan wegstap. Stemlyne is reeds oop en lesers kan vir Delano begin stem. Om vir hom te stem SMS Delano na 34192.

Hy spin reeds vir twee jaar en sê hy geniet dit baie. Sy passie daarvoor het begin met sy X-box speletjies. Hy wou dit daarna self ervaar, tot nou waar hy onder die top ses in die land is.

Groot kontantpryse kan met die kompetisie gewen word. Die eerste prys is R250 000, die tweede R150 000 en die derde R100 000. Delano het tans geen borge wat hom help met die instandhouding van die motor waarmee hy spin nie. Dit is ’n duur sport, want jou motor kan enige tyd breek wanneer jy spin. Jy moet altyd genoeg bande hê, sowat vier stelle bande is nodig. Op die oomblik kom al die finansies van hierdie sport uit Delano se ouers se sakke.

Enigeen wat Delano wil borg, kan Eugene Petersen by 084 530 3455 skakel. Kyk elke Vrydag So You Think You Can Spin op E-tv van 17:30 tot 18:00 om te sien hoe Delano sy passie met almal deel.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.
Back to top button