VIDEO: Raadslede tydens raadsvergadering gedreig
ń Raadsvergadering is deur ń groep mense versteur.

ń Raadsvergadering wat gister (14 Julie) plaasgevind het is deur ń groep mense versteur.
Raadslede is na bewering ook deur die groep wat die raadsaal betree het gedreig.
Volgens DA raadslid Bertus le Roux was die raad besig om die kontrak van die munisipale bestuurder te bespreek. Die Herald het verlede week berig oor die LUR wat ń brief gestuur het, wat sê dat die munisipale bestuurder se kontrak teen Augustus vanjaar verstreke is.
Volgens Le Roux is DA koukus voorsitter Hans Jurie Moolman besig om sake by die polisie te gaan lê.