VIDEO: SASCO wil oorlog op die NWU-Potch verklaar

SASCO het kort na die taaldebat op die Potchefstroomkampus gesê dat hulle 'klaar is met vreedsame optogte'.

In ‘n video wat gister (14 Mei) deur Rasaad Adams geneem is, het SASCO kort na die georganiseerde taaldebat op die Potchefstroomkampus gesê dat hulle ‘klaar is met vreedsame optogte’.

SASCO was glo ontevrede omdat die bestuur van die universiteit nie by die taaldebat teenwoordig was nie.

Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, is die debat deur die studenteraad georganiseer en nie deur bestuur nie.

“Bestuur was dus nie veronderstel om daar te wees nie. Die situasie was deurentyd deur ons Beskermingsdienste gemonitor, en uit die aard van die saak gaan verdere monitering voort,” het Jacobs gesê

Videoinhoud: Rasaad Adams. Verwerking: WAPAD

 

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.
Back to top button