Fontainebleau oorwin Unika ná epiese terugkeer
Laerskool Fontainebleau het geskiedenis gemaak toe hulle op 2 Junie vir Laerskool Unika met 28–19 geklop het in die eerste Randburg Laerskole Derby.
2 Junie sal lank onthou word as ’n spesiale dag in Laerskool Fontainebleau se geskiedenis: die suksesvolle afskop van die heel eerste Randburg Laerskole Derby teen Laerskool Unika!
Read more: Laerskool Fontainbleau learner selected for Dubai netball tour
Op ’n warm wintersdag het die o8- tot eerste spanne mekaar met moed en entoesiasme die stryd aangesê. Die veld het gegons van opwinding, gees en ware sportmanskap, met elke speler wat sy beste gegee het vir sy skool.

Die hoogtepunt van die dag was sonder twyfel die wedstryd tussen die eerste spanne, waar Laerskool Fontainebleau – beter bekend as die Bleauwildebeeste – met trots geseëvier het. Hoewel Unika teen halftyd met 12–0 voorgeloop het, het die Bleauwildebeeste met vasberadenheid teruggeveg en die wedstryd met 28–19 gewen.
Wat dié wedstryd nóg meer besonders gemaak het, was die indrukwekkende gehalte van spelers op die veld: Fontainebleau spog vanjaar met vyf Goue Leeus-spelers in hul 1ste span, terwyl Unika ses in hul span het. Dit was dus ’n kragmeting van formaat – met talent van die hoogste gehalte aan beide kante.
Also read: Laerskool Unika learners learn in a fun and interactive manner
Anton Bazhko van Fontainebleau is ná ’n uitmuntende vertoning as speler van die wedstryd aangewys. Die wenskild is ná afloop van die wedstryd aan Fonties se kaptein, Ruben Kinghorn, oorhandig – ’n trotse oomblik vir hom en sy span.

Hoërskool Randburg was die trotse borg van die dag, aangesien beide Laerskool Fontainebleau en Laerskool Unika twee van hul grootste voedingskole is. Hul betrokkenheid het baie bygedra tot die sukses van hierdie merkwaardige geleentheid.
Die Derby het egter oor méér gegaan as net wen of verloor – dit het gehandel oor gemeenskapsgees, trots en die bou van vriendskappe tussen skole. Dit was ’n dag van groot betekenis en nóg groter herinneringe.
Follow us on our Whatsapp channel, Facebook, X, Instagram and TikTok for the latest updates and inspiration! Have a story idea? We’d love to hear from you – join our WhatsApp group and share your thoughts!
Related article: Laerskool Fontainebleau elects a new headboy



