Wenners van 9/ 18 uur-aflosmarathon aangekondig
Die Jannas/ EPR se 9/ 18 uur-marathon op Jannas se sportterrein was weereens 'n groot sukses.
Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) te same met EPR Sekuriteitsmaatskappy het onlangs weer ‘n suksesvolle 9/ 18-uur aflosmarathon aangebied.
Die Jannas/ EPR se 9/ 18 uur-aflosmarathon het op Jannas se sportterrein in die middel van Oktober plaasgevind. Hoërskole, laerskole, atletiekklubs asook nege kleuterskool-spanne het aan die marathon deelgeneem.
Die ouer-spanne het op Vrydag, 14 Oktober begin hardloop en die jonger-spanne op die Saterdag, 15 Oktober.
Die kleuterskool-spanne het ongeveer 200 meter per rondte gehardloop. Laerskool Randfontein (Ramkriekies) se Perskatte is as die wenners aangewys nadat hulle 50 rondtes voltooi het.
Die gees van die dag was beslis iets om oor huis toe te skryf en daarom wil Jannas elke kleuterskool-atleet, ouer en personeellid bedank wat die dag ‘n sukses gemaak het,” sê Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder.

Volledige uitslae is as volg:
Kleuterskool wenspan:
• Perskatte van Ramkriekies (50 rondtes)
Laerskool 9-uur aflosmarathon wenspanne:
• Gemeng – Noordskool 1 (125km)
• Seuns – Mohlakeng Primary School (126km)
• Dogters – Boskop Primary School (81km)
Hoërskool 9-uur aflosmarathon wenspanne:
• Gemeng – Runners Athletics (135km)
• Seuns – Hoërskool Riebeeckrand (130km)
• Dogters – Randfontein High School (RHS)
Hoërskool 18-uur aflosmarathon wenspan:
• Seuns – Hoër Tegniese Skool Nick Diederichs (184km)
9-uur klub-wenspan:
• Gemeng – Club Colossus (86km)
18-uur klub-wenspan:
• Mans – Alberton Minnions (253km)
Individuele 9-uur hardloper:
• Mans – Ric Marini (45km)
Individuele 9-uur stappers:
• Mans – Jean Nepgen (21km)
• Vroue – Frances Steel (42km)
Individuele 18-uur hardlopers:
• Mans – Abram Rossouw (99km)
• Vroue – Marinda Ludick (103km)
Individuele 18-uur stappers:
• Mans – Roger Crichton (76km)
• Vroue – Carol Nepgen (40km)
“Groot dank aan Chris Bornman vir al hul reëlings asook Johan Booysen van EPR Sekuriteitsmaatskappy vir die jaarlikse borg van ons 9/ 18-uur EPR-aflosmarathon . Dit word opreg waardeer,” sê Smith.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



