BRIEF: Waar geloof in dade omskep word
Inwoner skryf oor 'n gemeenskapsinisiatief wat kinders met geloof, hoop en voedsame maaltye bereik het.
• Anoniem skryf:
Die Kerk van die Nasarener in Toekomsrus het gedurende hul jaarlikse vakansiebybelskool daagliks warm etes aan kinders uit die gemeenskap voorsien.
Vir vyf dae het kinders aan Bybellesse, sang, speletjies, handwerk en ander opvoedkundige aktiwiteite deelgeneem. Elke dag is afgesluit met ‘n voedsame maaltyd om te verseker dat geen kind honger huis toe gaan nie.
Die projek is deur toegewyde gemeentelede en vrywilligers aangebied wat hul tyd en hulpbronne beskikbaar gestel het om die kinders te dien.
• Lees ook: OPINION: The future of Randfontein is in your hands
Ons wil kinders nie net van God se liefde vertel nie, maar dit ook prakties wys. ‘n Bord kos kan vir ‘n kind hoop gee en wys dat iemand omgee.
Die gemeente het hul dank uitgespreek teenoor almal wat voedsel, skenkings en hul tyd beskikbaar gestel het om die inisiatief moontlik te maak.
Die Kerk van die Nasarener hoop dat die vakansiebybelskool ‘n blywende impak op die kinders sal hê en sien reeds daarna uit om volgende jaar weer die gemeenskap te dien.



