NewsSchools

Jannas sit hul musiekkennis tot nut

Hoërskool Jan Viljoen hou jaarliks verskeie fondsinsamelingsprojekte wat tot hul welsynsprojekte en verskeie ander inisiatiewe bydra. Dié skool het weer op 8 Junie ‘n Noot vir Noot-aand aangebied en diegene wat dit bygewoon het, het dit baie geniet. Volgens die organiseerder van die prettige geleentheid, Magdie de Winnaar, was dit ‘n aand gevul met pret …

Hoërskool Jan Viljoen hou jaarliks verskeie fondsinsamelingsprojekte wat tot hul welsynsprojekte en verskeie ander inisiatiewe bydra.

Dié skool het weer op 8 Junie ‘n Noot vir Noot-aand aangebied en diegene wat dit bygewoon het, het dit baie geniet.

Volgens die organiseerder van die prettige geleentheid, Magdie de Winnaar, was dit ‘n aand gevul met pret en hope glimlagde.

Sy vertel dat hulle dit vir die gemeenskap gereël het om so ‘n bietjie te ontspan en om sommer terselfdertyd hul musiekkennis op die proef te stel. Die feit dat dit ook bydrae tot hul fondsinsamellingsprojekte was ook ‘n bonus.

“Die geleentheid het in Hoërskool Jan Viljoen se skoolsaal plaasgevind en verskeie SBL-lede, onderwysers en leerlinge van Jannas het aan die pret deelgeneem.

“Dit was ook ‘n hoogtepunt op verskeie lede van die gemeenskap se kalenders,” vertel Magdie.

Sy vertel verder dat die geleentheid al soveel aftrek van die gemeenskap geniet dat hulle beslis weer spoedig so geleentheid sal reël.

“Ons pak jaarliks verskeie fondsinsamelingsprojekte aan.

“Die Noot vir Noot aand is dan een van dié projekte.

“Ons het besluit om die fondse wat tydens dié geleentheid ingesamel word aan te wend om ons skool se kultuurafdeling te bevorder,” vertel Magdie.

“Ek kan nie genoeg dankie sê vir almal wat die aand so goed ondersteun het nie.

“Dit was weereens ‘n reuse sukses en almal teenwoordig het hulself gate uit geniet,” vertel Magdie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button