NewsSchool sportSchoolsSport

Rappies Netbal is tops

Laerskool Rapportryer het vanjaar die bul by die horings gepak en van liga verander. Die Jomo A Liga vorm deel van die top netbalskole in Johannesburg en Rappies se eerste netbalspan het besluit om dié liga te betree. Rappies se eerste netbalspan het die seisoen gewys hulle hoef vir niemand terug te staaan nie. Hulle …

Laerskool Rapportryer het vanjaar die bul by die horings gepak en van liga verander.

Die Jomo A Liga vorm deel van die top netbalskole in Johannesburg en Rappies se eerste netbalspan het besluit om dié liga te betree.

Rappies se eerste netbalspan het die seisoen gewys hulle hoef vir niemand terug te staaan nie.

Hulle het almal verbaas deur in die top 5 in die liga te eindig nadat hulle onder andere skole soos Laerskool Helderkruin, Laerskool Fountainbleau en Louw Geldenhuys gewen het.

Sodoende het hulle gekwalifiseer om 31 Mei en 1 Junie by die Streeksfinaal in Randburg uit te speel.

Ongelukkig het beserings die span getreiter en het hulle eers te laat hulle ritme gevind met al die spanveranderinge.

Nog ‘n hoogtepunt van die seisoen was toe vyf van die speelers van die span in die Bokkie-span wat vanaf 1-5 Julie inNaboomspruit gaan toer opgeneem is.

“Dit was ‘n opwindende seisoen gewees. Ons glo dit is slegs ‘n voorsmakie van wat Laerskool Rapportryer se netbalspanne volgende jaar gaan bereik,” vertel die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button