Jannas maak hul merk by Gauteng Kampioenskappe
Hoërskool Jan Viljoen se eerste netbalspan het weer vanjaar almal se verwagtinge oortref toe hulle ‘n algehele 10de plek by die Gauteng Netbal Kampioenskappe behaal het. Volgens die spanbestuurder van dié netbalspan is dit die eerste keer sedert 2005 wat Jannas se netbalspelers by die kampioenskappe meeding. “Ons span is vanjaar waarlik puik en het …

Hoërskool Jan Viljoen se eerste netbalspan het weer vanjaar almal se verwagtinge oortref toe hulle ‘n algehele 10de plek by die Gauteng Netbal Kampioenskappe behaal het.
Volgens die spanbestuurder van dié netbalspan is dit die eerste keer sedert 2005 wat Jannas se netbalspelers by die kampioenskappe meeding.
“Ons span is vanjaar waarlik puik en het net weer tydens die Gauteng Kampioenskappe gewys dat hulle die beste in die weste is.
“Ons almal by Jannas is baie trots op dié meisies se puik prestasie,” vertel Magdie.
Sy vertel verder dat 20 van Gauteng se topspanne by die kampioenskappe meegeding het. Dit sluit skole soos Waterkloof, Afrikaans Meisies Hoër, Garsfontein, Noordheuwel en Hoërskool Monument in.
Die kampioenskappe het op 15 en 17 Junie by Hoërskool EG Jansen in Boksburg plaasgevind.
Alhoewel Jannas puik teen die meerderheid van die skole gevaar het, het die groter skole soos Waterkloof, Afrikaans Meisies Hoër en Garsfontein die meisies van Jannas gedomineer.
Dit is steeds vir die Jannas netbalspelers ‘n groot prestasie om 10de te eindig en hulle is trots om te kan sê dat hulle skole soos Transvalia, Florida, EG Jansen en Monument gewen het.
“Jannas se eerstespan het belsis vanjaar ons verwagtinge oortref en ons almal baie trots gemaak. Welgedaan, julle span is puik,” vertel Magdie.
Volgens Magdie het Jannas sewe wedstryde tydens die kampioenskappe gespeel waarvan hulle vier gewen en slegs drie verloor het.
In hul kragmeting teen EG Jansen, wen Jannas met ‘n telling van 27 – 20.
Ongelukkig het Noordheuwel dié span met ‘n telling van 29 – 19 geklop.
Jannas se eerstes het in hul derde wedstryd teen Vereeniging Gymnasium te staan gekom en hulle 27 – 22 geklop.
Tydens hul kragmeting teen Garsfontein, het Jannas se spelers gesukkel om momentum te kry en het met ‘n telling van 28 – 16 verloor, maar daarin geslaag om KHS in ekstra tyd met ‘n telling van 30 – 28 te wen.
“Ons wedstryd teen Florida was ‘n baie opwindende wedstryd en ons het met die naelskraap telling van 22 – 21 gewen,” vertel Magdie.
Hul laaste wedstryd was teen Swartkopz, maar ten spyte van hul puik balvaardighede, was die meisies van Swartkopz vasbeslote om die wedstryd te wen. Jannas verloor dié wedstryd met ‘n telling van 21 – 17.