NewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeckrand haal rugby-liga finaal

Hoërskool Riebeeckrand se o.14A rugbyspan is vanjaar vasbeslote om hul liga te wen en het tot dusver elke span wat teen hulle te staan gekom het gewys dat hulle hier is om die liga te vat. Volgens dié span se hoofafrigter, Rikus Kruger, het hulle op 15 Junie in hul liga semi-finaal teen Hoërskool Dinamika …

Hoërskool Riebeeckrand se o.14A rugbyspan is vanjaar vasbeslote om hul liga te wen en het tot dusver elke span wat teen hulle te staan gekom het gewys dat hulle hier is om die liga te vat.

Volgens dié span se hoofafrigter, Rikus Kruger, het hulle op 15 Junie in hul liga semi-finaal teen Hoërskool Dinamika kragte gemeet.

Die wedstryd het op Hoërskool Florida se velde plaasgevind.

“Aangesien dit ‘n semi-finaal was, was daar nie plek vir foute nie en die o.14 manne het behoorlik die bul by die horings gepak en Dinamika van die afskop af opdraande gegee,” vertel Rikus.

Na 80 harde minute se rugby het Riebeeckrand met ‘n telling van 26 – 12 koning gekraai.

“Ek is baie trots op die jong span. Hulle het puik rugbyvaardighede ten toon gestel en gewys dat ‘n span wat as een man saamwerk soveel meer krag het as 15 individuele spelers,” vertel Rikus trots.

Rikus bedank elke speler vir hul puik spel en getrouheid. Hy bedank ook sy mede-afrigter, Juan Maritz vir sy impak op die span se spelpatroon.

Riebeeckrand se o.14A rugbypan het met dié puik oorwinning vir hulself ‘n plek in die finaal verseker en sal na afloop van die Junie skoolvakansie teen Helpmekaar Kollege in die finaal te staan kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button