Staan saam teen sonde
Eliakim Lofdal Gebedshuis nooi die gemeenskap om saam met hulle die naam van God aan te roep en genesing vir Randfontein te bring.

Eliakim Lofdal Gebedshuis wil die gemeenskap nooi om saam met hulle hande te vat en te doen wat in 2 Kronieke 7:14 geskryf staan.
“En my volk, oor wie my naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
Volgens Pastoor Willie du Bruyn van die Eliakim Lofdal Gebedshuis sien mens deesdae soveel verkeerd in ons land.
“Wanneer ‘n mens die nuus kyk of die koerante lees, sien mens daagliks misdaad, roof, moord, korrupsie, drank en dwelmmisbruik en selfs verkragting,
“Dit is ‘n land wat stukkend is en net God kan dit genees,” vertel Willie.
Daarom doen hy ‘n beroep op die gemeenskap om saam met die gebedshuis God se naam te kom aanroep en Randfontein voor God te kom verootmoedig sodat dié dorp genees kan word.
Hy vertel dat enigiemand welkom is om op ‘n Sondag om 10vm en 6nm saam met hulle te kom bid en die krag van die
Here te kom ervaar. Die nuutgestigte gemeente is op die hoek van Homestead Laan en Riebeeckstraat.
“Almal is welkom.
“Kom nes jy is en wees deel van die genesingswerk van God,” vertel Willie.
Vir enige verdere navrae, skakel gerus vir Willie du Bruyn by 083 230 2802.