Local newsNews

Renaissance Bejaarde Oord word opgeknap

Renaissance Bejaarde Oord is tans besig om hul oord in 'n paradys te ontskep.

Die inwoners van die Renaissance Bejaarde Oord is tans besig om hul oord in ‘n paradys te ontskep deur verskeie plante, potte en ander mooi artikels in die tuine aan te bring.

Volgens een van die inwoners van die tuiste, Lorna Hough, het sy met dié tuiste se komittee gepraat en besluit om die oord ‘n bietjie op te knap en te vervraai.

“Die oord is vir elke inwoner ‘n plek van rus, daarom het ons dit goedgedink om die perseel mooi te maak sodat elke inwoner die omgewing kan geniet,” vertel Lorna.

Sy vertel verder dat die tuiste oor ‘n groep bejaardes beskik wat as die Kieriebende bekend staan.

Dié groep bejaardes loop op ‘n daglikse basis in die oord rond.

“Ek glo dat die pragtige tuine vir hulle ook ‘n groot aanwins is, want op die wyse kan hulle elke dag die pragtige omgewing aanskou en geniet,” sê Lorna.

Die inwoners beplan ook om die perseel verder te vervraai deur nog plante en beelde aan te bring.

Die hele projek vorm deel van hul vroeë lente mooimaak proses.

“Ons is baie trots op hoe ons tuiste al reeds lyk en kan nie wag om verdere verbeteringe aan te bring nie,” vertel Lorna opgewonde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button